Vyf dood in Italië toe gletser ineentstort

Minstens vyf mense is dood nadat hulle vasgevang is in ‘n stortvloed wat veroorsaak is deur die ineenstorting van ‘n gletser in die noordelike Italiaanse Alpe. Beamptes sê agt ander is in die ineenstorting beseer, met twee mense wat ernstige beserings opgedoen het. Vyf helikopters en dosyne nooddienswerkers is na die toneel gestuur om te help met reddingspogings. Video van die voorval wys hoe ‘n ysmassa teen die hange van Marmolada, die gebied se hoogste berg, ineenstort. Dit is nie onmiddellik duidelik wat veroorsaak het dat die gedeelte van die gletser ineengestort het nie maar die vorige dag het die gebied 10 grade Celsius bereik, hoogste temperatuur in ‘n baie lang tyd.