Rusland wil die bondgenote se eenheid opbreek

Rusland het nou volle beheer van die Luhansk-streek in die ooste van die Oekraïne na hy beheer oor Lysychansk geneem het. Hy het nog nie beheer van die Donetsk-streek nie maar, dit is sy volgende teiken en sou hy wel beheer kry, meen professor Michael Clarke, ‘n kenner in oorlogstudies aan King’s College in Londen, kan hy moontlik ‘n skietstilstand verklaar. Clarke sê die doelwit hiermee sal wees om die Oekraïne se bondgenote se eenheid op te breek omdat die Oekraïne nie ‘n skietstilstand sal aanvaar nie. Die Weste bestee op die oomblik miljarde aan ondersteuning en wapentuig aan die land om die Russe terug te hou.