Bibi stuur afvaardiging na Kaïro

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy gaan ‘n afvaardiging bemiddelaars na Kaïro, Egipte, stuur om alles te probeer om ‘n ooreenkoms met Hamas te bereik. Die militante groep het die nuwe voorstel van die bemiddelaars van Katar en Egipte aanvaar. Netanyahu sê dit is egter ver van Israel se basiese vereistes. Hy sê hulle moet verseker dat alle gyselaars vrygelaat word, dat Hamas se militêre- en organiseringsvermoë vernietig word en dat Gaza in die toekoms geen bedreiging vir Israel inhou nie.