VSA se daling in verbruikers-inflasie bring hoop

Die daling van Amerika se verbruikers-inflasie wat in Desember 2022 tot die laagste vlak in langer as ‘n jaar gedaal het, bring ook hoop vir die Namibiese ekonomie. Amerikaanse huishoudings sukkel reeds vir ‘n jaar met die hoogste inflasie in dekades en die Federale Reserweraad het sy maatstaf-uitleenkoers verhoog teen ‘n pas wat sedert die 1980’s ongehoord was, in die hoop om die wêreld se grootste ekonomie te versag. Die afwaartse neiging is die sesde opeenvolgende maand van versagting, en skep die hoop dat ‘n mate van verligting tog gebring sal word. Die verbruikersprys-indeks het in Desember 2022 met 6,5 persent gestyg teenoor ‘n jaar gelede, die minste sedert Oktober 2021. Arney Tjaronda, aandele-navorser van High Economic Intelligence het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.