Khomas-streeksraad open vir 2023

Die pasverkose raadslid van die Moses Garoëb-kiesafdeling in Windhoek, Stefanus Ndengu is vandag by die Khomas-streeksraad ingelyf. Hy is gretig om kwessies soos ‘n gebrek aan ordentlike sanitasie, drinkwater en elektrisiteit te takel. Die Khomas-streeksraad het ook vandag sy eerste streeksraad-sessie vir die jaar geopen. Tydens die opening het die hoof-streeksbeampte, Clemence Mafula, ook hul planne van aksie vir 2023 laat deurskemer.