VSA sal nie weer inperk nie

Amerika se voorste kundige oor aansteeklike siektes, Anthony Fauci, sê dit is onwaarskynlik dat inperkings weer in dié land ingestel sal word, ondanks die styging in Covid-19-gevalle weens die Delta-variant. Minstens 35 miljoen mense in Amerika het Covid-19-opgedoen, waarvan 613 000 dood is. Fauci sê die Delta -variant is net so aansteeklik soos waterpokkies en mense wat teen Covid-19 ingeënt is, kan die variant net so maklik opdoen as die wat nié ingeënt is nie, hoewel sulke gevalle uiters seldsaam is: