Miljarde reeds bestee op Medupi

Eskom sê konstruksie by die Medupi-kragsentrale in Lephalale, Limpopo is voltooi nadat die laaste van ses opwekkingseenhede kommersiële bedryfstatus bereik het. Die koste van die projek, waarmee daar in Mei 2007 begin is, beloop tot dusver 122 miljard Suid-Afrikaanse rand. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die kragreus beplan om uiteindelik net minder as 135 miljard rand op die projek te spandeer: