Kenner sê oor Delta-variant

Amerika se sentrum vir siektebeheer en -voorkoming sê Covid-19 se Delta-variant is meer aansteeklik as gewone verkoue en waterpokkies. Nuwe inligting toon ook dat mense wat ingeënt is en die wat nié die inenting ontvang het nie, dieselfde viruslading het. ‘n Covid-19-kenner aan die Universiteit van die Wes-Kaap, Bertram Fielding, sê die verspreiding van die Delta-variant hang baie af van hoe dit ander variante kan klop, en hoe dit tussen individue in ‘n spesifieke gebied oorgedra word: