VSA Olimpiese swemmer pleit skuld op klagtes oor 6 Januarie

‘n Voormalige Amerikaanse Olimpiese swemmer, Klete Keller, het skuldig gepleit op die klagtes teen hom, in verband met die opstand op 6 Januarie by Capitol Hill. Daar was sewe klagtes teen hom maar ses is laat vaar en hy is net aangekla vir dwarsboming van die gereg. Die regter, Richard Leon kan hom tussen 21 en 27 maande tronkstraf hiervoor oplê wanneer hy gevonnis word. Meer as 600 persone is in verband met die opstand aangekla. Keller is op video vasgelê waar hy polisielede stamp en stoot en verskeie Demokrate vloek.