Geringe veranderings aan All Blacks vir Saterdag

Die All Blacks se afrigter, Ian Forster, sê dit is baie spesiaal dat hulle nou die kans staan om ‘n moontlike Grand Slam in die Kampioenskapsreeks teen die Springbokke te behaal. Hy het geringe veranderings aan die span gemaak vir Saterdag se herontmoeting met die Springbokke op die Gold Coast. Brad Weber is in die skrumskakelposisie met TJ Perenara op die reserwebank. Anton Lienert-Brown is terug in die span ná ‘n besering en speel in die nommer 13-trui, met Rieko Ioane wat na die linkervleuel-posisie skuif en Sevu Reece as regter-vleuel. Richie Mo’unga, wat hom die week weer by die span aangesluit het, is op die reserwebank.