ANC-oorlogsveteraan ontvang ‘n huis

Die Suid-Afrikaanse minister van menslike nedersettings, Mmamoloko Kubayi, besoek vandag die Pixley Ka Seme en Sol Plaatje plaaslike munisipaliteite in die Noord-Kaap. Dis deel van haar deurlopende besoeke aan provinsies om te sien hoe die verskaffing van huise verloop. Kubayi se woordvoerder, Hlengiwe Nhlabathi-Mokota, sê ‘n huis gaan ook aan die 76-jarige oorlogsveteraan, Daniel Mabe Sekgono, oorhandig word: