VSA kla vier polisiemanne aan vir dood van Breonna Taylor

Die Amerikaanse departement van justisie het aangekondig hy gaan vier voormalige en huidige polisiebeamptes van die Louisville metro-polisiedepartement aankla van federale misdade wat met die dood van Breonna Taylor verband hou. Die 26-jarige is in haar slaap deur die polisie doodgeskiet tydens ‘n klopjag op haar woonstel in Kentucky in 2020. Die vier is die voormalige speurders Brett Hankinson en Joshua Jaynes en die huidige beamptes Kelly Goodlett en Kyle Meany. Die aanklaer-generaal, Merrick Garland, sê die aanklagte is ondermeer onwettige sameswering, die gebruik van mag, en regsverydeling.