Interkaap-busse in Wes-Kaap geteiken

Die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid en polisie-oorsig, die Interkaap-busdiensmaatskappy, die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi-raad en die polisie doen vandag ʼn voorlegging aan die provinsiale staande komitee op vervoer. Dit is na aanleiding van die voortdurende aanvalle op langafstand-busse. Interkaap het bevestig twee bestuurders is op die N2 naby Nyanga geskiet. Namibiërs maak ook van die busdiens gebruik tussen Namibië en Suid-Afrika. ʼn Woordvoerder van die DA, Ricardo Mackenzie sê dis slegs enkele dae nadat ʼn ander bestuurder noodlottig geskiet is by Interkaap se depot in Industria.