VSA-intelligensie help glo Oekraïne om Russiese skip te sink

Amerikaanse media berig die land het intelligensie aan Oekraïne verskaf wat gehelp het om die Russiese missielkruiser Moskva in die Swartsee te sink. Volgens anonieme regeringsbronne het die oorloggeteisterde land Amerika gevra om inligting te verskaf oor ‘n Russiese skip wat onderweg was na die hawe van Odessa. Die VSA het bevestig dit is wel Moskou se vlagskip, waarna Oekraïnse magte dit met twee missiele getref het. ‘n Woordvoerder van die Pentagon sê die VSA het Oekraïne bloot gehelp om homself te verdedig