Nadal buig die knie voor jong landgenoot

Tennis: Rafael Nadal moes in die kwarteindronde van die Madrid Ope die aftog blaas na sy landgenoot, Carlos Alcaraz, hom met 6-2, 1-6 en 6-3 verslaan het. Alcaraz het ‘n dag na sy 19de verjaardag die 35-jarige en 21-malige wenner van wêreldtoernooie vir die eerste keer in drie kragmetings uitgeskakel. Die jong Spaanse sensasie kom teen Novak Djokovic in die halfeindronde te staan. Die Serwiër wat die wêreld se nommer-een-speler is, het die 12de gekeurde Hubert Hurkacz van Pole met 6-3 en 6-4 gepootjie.