Sam !Khubis ‘n belangrike geskiedkundige herdenking

Sam !Khubis is ‘n geskiedkundige geleentheid wat jaarliks deur die Basters van Namibië herdenk word. Hulle herdenk die oorwinning van die Basters op 8 Mei 1915 teen die Duitse koloniale weermag. Manfred Draghoender, wat deel is van die komitee wat die herdenking reël, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus waarom die herdenking van Sam !Khubis uiters belangrik is.