Vrystaat het ‘n tekort aan verskeie entstowwe

Vrystaat Landbou sê die tekorte aan entstowwe teen slenkdalkoors, bloutong en perdesiekte kan tot ‘n krisis in die veebedryf lei. Landboukundiges het vee- en wildboere in Februarie verlede jaar oor ‘n moontlike uitbreking van veesiektes gewaarsku. Volgens Vrystaat Landbou se president, Francois Wilken, het die regering tans ‘n monopolie op die verskaffing van entstowwe, maar slaag nie daarin om voldoende entstowwe betyds beskikbaar te stel nie. Wilken versoek die regering om die privaat sektor toe te laat om entstowwe te vervaardig ten einde ‘n krisis in die produksie van vleis en diereprodukte te voorkom.