Nuwe regulasies bepaal geen foto’s van mense en wilde diere saam  

‘n Prokureur van die regsfirma Cronjé en Company sê een van die Namibiese omgewingsministerie se nuwe regulasies oor die aanhouding van groot karnivore, behels dat dit onwettig sal wees om mense en wilde diere saam af te neem of te verfilm. Die regsfirma verteenwoordig N/a’an kusê wat ‘n aansoek by die Windhoekse hoërhof ingedien om ‘n hersiening van die nuwe regulasies, wat hulle meen belaglik is. Prokureur Liezl Louw gesels met Kosmos 94.1 Nuus.