Man dood ná hy op vragmotor dans

‘n Man wat in Texas afgeneem is terwyl hy bo-op ‘n vragmotor dans, is dood toe hy ‘n brug getref het. Die voorval het op die Eastex Freeway in Houston, Texas, plaasgevind. Beeldmateriaal wat deur ‘n bestuurder van ‘n motor agter die voertuig geneem is, wys hoe die man op die Rapid 18-wiel-vragmotor klim en begin dans terwyl die vragmotor ry. Die 25-jarige het sy heupe beweeg en sy arms in die lug gewaai toe hy ‘n eerste brug vrygespring het, maar toe hy die tweede keer weggekyk het, het die brug hom van die vragmotor afgestamp. Die man is na die Memorial Hermann-hospitaal geneem, maar is daar dood verklaar.