Vierde Afrika Jeug in Toerisme-beraad vandag bekendgestel 

Die Vierde Afrika Jeug in Toerisme-beraad word vanmiddag op Swakopmund bekendgestel. Namibië het die bod vir die beraad gewen om dit vanaf 27 tot 29 Julie aan te bied. Die beraad sal in samewerking met die Wêreld Toerisme-organisasie en Afrika Toerisme-vennote aangebied word en deur 500 afgevaardigdes en sowat 1 000 aanlyn-afgevaardigdes bygewoon word. Dit dien as ‘n Pan-Afrika platform vir jeug en beginners-besighede in die toerisme-sektor.