Vrou van kunstenaar 15 jaar tronk toe vir sy moord

Die 31-jarige vrou van ‘n bekende kunstenaar is op Upington in die Noord-Kaap tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis weens die moord op haar 52-jarige man. Die plaaslike landdroshof het bevind Carl en Sophia Meyer was in Desember 2017 in ‘n woordewisseling betrokke. Sy het saam met die 60-jarige Joel Dumont by hul huis opgedaag en dit het later aan die lig gekom hy is haar kêrel. ‘n Polisiewoordvoerder, Joaquina Nambane, sê Meyer het haar man met ‘n mes in die bors gesteek.