Privaatskole-vereniging van Namibië sê herskryf van eksamens is onvaanvaarbaar

Die Privaatskole-vereniging van Namibië is teleurgesteld oor die onderwysministerie se aankondiging dat eksamenuitslae van graad 11- en 12-leerders moontlik laat vrygestel sal word weens die uitlek van hul vraestelle. Eksamens van sommige vakke op gewone vlak sal moontlik vroeg volgende jaar herskryf moet word. Drie sake is aanhangig gemaak, waarvan twee op Ongwediva en een op Ondangwa, en tien verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem. Die agt Namibiese verdagtes is op borgtog vrygelaat en die twee buitelandse verdagtes bly in aanhouding. Die uitlek van die vraestelle het daartoe gelei dat staatskole vroeër moet sluit. Colette Rieckert van die vereniging sê aan Kosmos 94.1 Nuus sê dit is uiters onaanvaarbaar.

Sy het ook verduidelik watter grade se eksamens wat geraak word.