Vrede moet beklemtoon word ten einde geweld in SA te beëindig

Die ANC, gelei deur President Cyril Ramaphosa, het die naweek met burgerlike organisasies in Johannesburg byeengekom om maniere te vind vir die oplos van die talle probleme wat die land teister. Burgerlike organisasies het die ANC in die verlede beskuldig hy ignoreer hulle en neem eensyidge besluite wat hulle werk raak. Die woordvoerder van die Lady of Peace Community Foundation, Celeste Diale, sê die regering moet die belangrikheid van vrede in skole beklemtoon, ten einde die geweldspiraal hok te slaan: