Man United klop nege-man-span Fulham om FA-beker se halfeindronde te haal

Manchester United is deur na die halfeindronde van die FA-beker ná ‘n drie-een-oorwinning oor Fulham op Old Trafford. Dit het gelyk of Marco Silva se span in beheer was van die kwarteindwedstryd ná Aleksandar Mitrovic se doel vroeg in die tweede helfte. Willian se handbal het egter ‘n verstommende ommekeer teweeg gebring wat gelei het tot ‘n rooi kaart vir bestuurder Marco Silva, Mitrovic en die Brasiliaan. Bruno Fernandes het met ‘n strafskop geslaag en ‘n doel aangeteken terwyl Marcel Sabitze die oorwinning beklink het. United se bestuurder, Erik ten Hag, sê hy is tevrede met sy span se vertoning: