Voorspellings vir ‘n stiller kus die Paasfees

Met stygende voedselpryse sowel as die uiters hoë brandstofpryse, kan daar ‘n daling wees in die hoeveelheid besoekers aan die kus oor Paasnaweek. Die kus maak staat op inkomste oor die tydperk wat tradisioneel baie besig is met besoekers van regoor die land. Theo Klein, ekonoom by Simonis Storm verduidelik die moontlike uitkoms.

Dit raak selfs baie duur om te braai. Klein het die somme gemaak.