‘Goscars’ beloon Namibiese bewaarders

Die Grass-Roots Garth Owen-Smith gemeenskapsbewaring-toekennnings, oftewel die Goscars, het by Wêreldsend in die Kunene-streek plaasgevind. Vanjaar se wenners is renosterbewaarder Hans Haoseb, wildbewaarder James Nandu, leeubewaarder Rodney Tjavara, en renosterbewaarder Marthinus Sanib, wat onderskeidelik in die bewaringsgebiede van Huab, Salambala, Purros end Torra werk. Hulle word beloon vir hul uitstekende werk in die veld om wild te beskerm en te bestuur. Die totale waarde van die Goscars is 100 000 Namibiese dollar wat hulle met hul bewaringsgebiede kan deel. Tammy Hoth, stigter van die Namibia Lion Trust, sê die toekennings is belangrik, veral vir die leeubewaarders wat mens-leeu-konflik help bekamp.