Voormalige Agribank-voorsitter skuld baie, sê 2 banke

Die voormalige voorsitter van Agribank Michael Iyambo is vandag in die hoërhof in drie sake op die rol. In die eerste saak het Agribank vyf eise teen hom, sy maatskappy Oshikoto Fresh Fruit and Vegetables en die familie-boerdery, Concordia Farming. Agribank sê hy sal vandag vir ‘n summiere vonnis vra omdat Iyambo nie geantwoord het op die voortsitting van ‘n skikkingsooreenkoms nie. Die bank sê vyf lenings is in Oktober 2017 aangegaan ter waarde van 17,8 miljoen Namibiese dollar. Die lenings is nie betaal nie en die bank eis by Oshikoto 41,4 miljoen dollar of, teen Concordia Farming 11,5 miljoen dollar sowel as die 3 241-hektaar Concordia plaas, en teen Iyambo, betaling van 11,5 miljoen dollar. Sou een respondent betaal word die ander van daardie bedrag vrygespreek. In nog ‘n eis teen Oshikoto wil Bank Windhoek betaling van 1,1 miljoen dollar hê wat hy in ‘n oortrokke fasiliteit voorgeskiet het. Maar Bank Windhoek eis ook net minder as 5 miljoen dollar by Iyambo self, ook vir ‘n oortrokke fasiliteit en eis daa ook ‘n 2 500 vierkante meter erf in Katutura en ‘n 1 200 vierkante meter erf in Swakopmund op.