Diamonds are a girl’s best friend….

Die wêreld se grootste bekende geslypte diamant gaan na verwagting sowat 77 miljoen Namibiese dollar haal wanneer dit vroeg volgende maand opgeveil word. Die Enigma, wat as die grootste deftige swart diamant van natuurlike kleur beskryf word, word van gister af in Dubai ten toon gestel. Dit sal ook in Los Angeles en Londen te sien wees voor Sotheby’s se sewedaagse aanlyn veiling op 3 Februarie begin. Die edelsteen van 555 karaat is in 55 vlakke geslyp en die vorm is gegrond op die Midde-Oosterse palm-vormige simbool van mag en beskerming.