Voorlopige verslag oor brand by parlement Vrydag beskikbaar

Die Suid-Afrikaanse minister van openbare werke, Patricia de Lille, sê ‘n span ingenieurs is aangestel om die skade wat deur die brand aan die parlementêre kompleks gedoen is, te bepaal. Die ingenieurs stuur ‘n hommeltuig in om die beskadigde dele te ondersoek, aangesien die temperatuur steeds ongeveer 100 grade Celsius is. Die temperatuur het gister 400 grade bereik. De Lille sê ‘n brandkenner sal die oorsaak van die brand bepaal. ‘n Voorlopige verslag sal Vrydag beskikbaar wees.