ANC se hoofsweep verduidelik omvang van brandskade aan parlement

Die ANC se hoofsweep, Pemmy Majodina, het ‘n beroep op politieke leiers gedoen om hulle daarvan te weerhou om met teorieë oor die oorsaak van die brand in die parlement vorendag te kom. Majodina het gesê die saak is emosioneel, aangesien die gebou ‘n belangrike nalatenskap en erfenis inhou. Sy verduidelik die omvang van die skade.