VSA moedig Soedannese leiers aan om geweld teen betogers te stop

Die Verenigde State van Amerika het ná die bedanking van Abdalla Hamdok as premier, Soedannese leiers aangemoedig om burgerlike regering te verseker en om geweld teen betogers te beëindig. Hamdok kon nie daarin slaag om burgerlike regering te herstel nie. Hamdok is in Oktober in ‘n staatgreep omvergewerp, maar is daarna heraangestel. Hy het sedert 2019 toesig gehou oor ekonomiese hervormings. Hamdok het gisteraand bedank, ses weke nadat hy weer sy pos ingeneem het ingevolge ‘n ooreenkoms met die militêre staatsgreepleiers. Volgens hom kan sy bedanking die oorgang na ‘n demokrasie red.