Voorlopige brandverslag van parlement moontlik vertraag

Die voorlopige verslag oor die oorsaak van die brand wat in die parlement in Kaapstad gewoed het, mag moontlik vertraag word. Volgens minister van openbare werke, Patricia de Lille, kon ondersoekers nog nie toegang tot die gebou verkry nie. De Lille sê hulle wag vir die Stad Kaapstad om die gebou aan die polisie en forensiese span oor te gee, ten einde vas te stel waar die brand begin het.