Slangkenner reageer op dood van vyf-jarige weens slangbyt

Die bekende Namibiese slangkenner Francois Theart het gereageer op die vyfjarige meisie wat die naweek in die Etope-nedersetting in die Oshana-streek weens slangbyt gesterf het. Daar was nie vervoer beskikbaar om die meisie na ‘n hospitaal te neem nie en sy het kort ná die slangbyt gesterf. Die slang is gevind en doodgemaak. Theart het aan Kosmos 94.1 Nuus wenke gegee oor die belangrike aspekte wanneer jy voor ‘n situasie van hierdie aard te staan kom.