Parlement se sproeistelsel was in volle werking

Die departement van openbare werke en infrastruktuur sê die parlement in Kaapstad se sproeistelsel was in volle werking teen Oktober verlede jaar. Die waarnemende direkteur-generaal van openbare werke, Imtiaz Fazel, sê die stelsels was in werking soos bedoel en is laat in Desember getoets. Hulle het die vrae van die gesamentlike staande komitee oor finansiële bestuur in die parlement beantwoord. Minister Patricia de Lille sê die Valke het die CCTV-beeldmateriaal afgelaai, maar dit is nog nie beskikbaar vir die komitee se oorweging nie. Die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos, Masondo, het aan die komitee gesê alles is nie verlore nie