Indië verwelkom sy gesteelde artefakte terug uit Australië

Indië se premier, Narendra Modi, verwelkom die feit dat 29 godsdienstige en kulturele artefakte wat gesteel of onwettig na Australië uitgevoer is, terugbesorg is. Die goedere word verbind met die vermeende smous en voormalige kunshandelaar van Manhattan, Subhash Kapoor. Kapoor is tans ‘n verhoorafwagtende gevangene en ontken alle aanklagte. Australië se hoë kommissaris in Indië, Barry O’Farrell, sê die terugbesorging van die artefakte is ‘n simbool van hul sterk diplomatieke bande.