Von Bach, Oanob neem water in, ander damme stil

Goeie neerslae is sedert Maandag in die sentrale gebied ontvang en NamWater sê beide die Von Bachdam en Oanob by Rehoboth neem op die oomblik water in. Von Bach is nou op 31 persent met ‘n totaal van 635 000 kubieke meter water wat ingeneem is. Invloei is op die oomblik op 6,5 kubieke meter water per sekonde. By Rehoboth is Oanob tans op 65,5 persent van kapasiteit. Die dam het 338 000 kubieke meter water ingeneem en invloei is steeds op 3,6 kubieke meter per sekonde. Die stand van die land se damme stel volgens kenners op die oomblik teleur maar daar is nog nie rede tot kommer nie.