Myn-indaba bewys Kaapstad is gereed vir beleggers

Die Stad Kaapstad het rolspelers en besigheidsleiers, wat tans die 2023 mynbou indaba in die Moederstad bywoon, aangemoedig om die beleggings-geleenthede wat die Stad bied, aan te gryp. Onderburgemeester, Eddie Andrews, sê die Stad staan altyd gereed om besighede te help om hul kantore en bedrywighede te vestig. Fritz Platt, vir Kosmos 94.1 Nuus in die Kaap, het meer.