Zuma se mediese rekords is privaat sê Mpofu

Advokaat Dali Mpofu het beswaar gemaak teen die bekendmaking van Jacob Zuma se mediese rekord. Die Pietermaritzburgse Hooggeregshof hoor vandag die korrupsiesaak aan in die wapenskandaal waarby Zuma en die Franse wapenmaatskappy, Thales, betrek word. Zuma is nie teenwoordig nie omdat hy in Gauteng onder sekondêre mediese sorg geplaas is. Mpofu het aan die hof gesê die oudpresident is geregtig op vertroulikheid en privaatheid. Hy verduidelik die redes waarom Zuma se mediese span die bekendmaking van die rekord as voortydig beskou: