Voermeester-laboratorium toets nou grond- en DNS-monsters

Ian Collard, uitvoerende hoof van Namib Meulens is hulle nou in die proses om dienste by die Voermeester-laboratorium uit te brei vir die toets van grond- en DNS-monsters. Hy sê dié laboratorium het aanvanklik tot stand gekom om die braaikuiken-aanleg te bedien waarvan toetse voorheen in Suid-Afrika gedoen moes word. Toe kom Covid-19 en met geringe aanpassings kon die laboratorium ook daarvoor begin toets. Collard, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle sprei hul vlerke nog meer.