Net twee politieke partye in SA verklaar hul skenkings

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê die ANC en die DA is die enigste partye wat in die vierde kwartaal van die 2021/2022-boekjaar skenkings verklaar het. Die ANC het tien-miljoen Suid-Afrikaanse rand se skenkings verklaar terwyl die DA 2,5-miljoenrand ontvang het. Volgens die OVK was 95 persent van die DA se skenkings vir die kwartaal van oorsee af en die skenkings was in orde. Die hoofverkiesingsbeampte Sy Mamabolo sê die Januarie tot Maart 2022-verklarings was die laagste bedrag sedert die  verklaring van skenkings ingestel is.