Voedseltekorte: Moenie van een party ‘n sondebok maak nie

Die aantal mense wat honger in die gesig staar, het verlede jaar tot 193 miljoen gestyg namate konflik, klimaatsverandering en ekonomiese krisisse mense se lewensbestaan verwoes het. Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie sê dit is nie net die konflik in Oos-Europa nie – byna 40 miljoen meer mense is in 2021 in “akute voedselonsekerheid” gedryf. Plaaslik is daar ook uitdagings en die kantoor van die eerste minister hanteer voedselhulp in die land. Dr. Saara Kuugongelwa Amadhila sê die wêreld moet saamwerk in die verband en nie van een party ‘n sondebok maak nie.

Sy het ook melding gemaak van beplanning in verband met klimaatsverandering.