Kaapstad oorhandig nog 19 titelaktes in Khayelitsha

Die Departement van Menslike Nedersettings in Kaapstad het 19 titelaktes aan begunstigdes in Harare in Khayelitsha oorhandig. Daar is dus vanjaar reeds 84 titelaktes aan begunstigdes gegee. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die oorhandigingseremonie saam met raadslid Malusi Booi en ander amptenare gelei. Hill-Lewis het die gemeenskap verseker die stad bly daartoe verbind om te verseker mense kry toegang tot die eiendomsmark en kan met waardigheid leef weens formele eiendomsbesit.