NamRA sê oor sukses van vorige amnestie

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, het in die laaste boekjaar meer as 60,5 miljard Namibiese dollar ingevorder. Hy het 49,4 miljard dollar geteiken. Volgens die uitslae van sy elektroniese belastingverligtingsprogram, wat op 31 Januarie tot ‘n einde gekom het, het NamRA meer as 11 miljoen dollar in boetes laat vaar, met net minder as 47 500 belastingbetalers wat deelgeneem het. ‘n Totaal van 1,3 miljard dollar is ingesamel. NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, Steven Ndorokaze, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.