Voedsel-inflasie plaas druk op huishoudings

Voedsel en nie-alkoholiese drank behou hul top-posisie as die hoofdrywer van inflasie in Namibië, en het in Maart 2023 ‘n toename van 14,6 persent op ‘n jaargrondslag aangeteken vergeleke met 4,6 persent in Maart 2022. Op ‘n maandelikse basis het prysvlakke vir hierdie kategorie gedurende Maart met 0,9 persent gestyg vergeleke met een persent wat gedurende die Februarie aangeteken is. Ekonoom Jason Kasuto sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit plaas erge druk op huishoudings.