SA kry beleggings in energieprojekte

President Cyril Ramaphosa sê hulle het beloftes van reuse-beleggings van sakeondernemings ontvang. Die beloftes sluit ‘n belegging van een miljard Suid-Afrikaanse rand in deur Turkye se Menar Group in termiese steenkool-mynwerk in Mpumalanga, en Hive Hydrogen se belegging van 105 miljard rand in ‘n groenwaterstof-produksie-aanleg in Coega in die Oos-Kaap. Ramaphosa sê ontwikkeling en werkskepping is die ware mate waaraan die sukses van die vyf beleggingskonferensies gemeet word.