VN: Skerp styging in sterftes van vlugtelinge wat Middellandse See wil oorsteek

Die Verenigde Nasies se Hoëkommissariaat vir Vlugtelinge sê daar was ‘n skerp styging in die sterftesyfer onder vlugtelinge en migrante wat die Middellandse See na Europa oorsteek. Volgens data is 3 231 mense verlede jaar in die Middellandse See en die noordwestelike Atlantiese Oseaan as dood of vermis aangegee. In 2020 was die syfer 1 881, in 2019 1 510 en in 2018 meer as 2 277. Baie van die mense vlug van konflikte, geweld en vervolging. Sterftes en vergrype kom ook algemeen voor in lande soos Eritrea, Somalië, Djibouti, Ethiopië, Soedan en Libië.