Andy Murray verras vriend en vyand in Stuttgart Ope

Tennis: Die voormalige wêreld nommer een, Andy Murray, kom vandag in die eindstryd van die Stuttgartse Ope teen Matteo Berrettini van Italië te staan. Die 35-jarige Skot het gister vriend en vyand verras toe hy Nick Kyrgios van Australië in hulle halfeindstryd in skoon stelle kafgedraf het. Murray het ook die wêreld nommer 5, Stefanos Tsitsipas in die kwarteindronde uitgeskakel, wat sy eerste oorwinning in ses jaar oor ʼn topgekeurde in ʼn ATP-toernooi was. Die tweede gekeurde Berrettini het die plaaslike speler, Oscar Otte, in die ander halfeindstryd ook in twee stelle uitgeskakel.