Ontworteldes van KZN hoor vandag oor rampverligtingsfondse

KwaZulu-Natal se premier, Sihle Zikalala, gaan die provinsie vandag inlig oor die besluite wat die provinsiale uitvoerende komitee geneem het oor die reaksie op die onlangse vloedrampe. Dit sal begin met ‘n besoek aan die tydelike wooneenhede wat in die eThekwini-metro gebou word om ontwortelde mense te help wat tans in tydelike skuilings gehuisves word. Zikalala gaan ook praat oor die provinsie se aansoek om toegang te kry tot rampverligtingsfondse.