VN sê meer as 3,5 miljoen Oekraïnse burger het al gevlug

Die Verenigde Nasies sê meer as 3,5 miljoen Oekraïense burgers het uit die land gevlug sedert Rusland dit op die 24ste van verlede maand binnegeval het. Negentig persent is vroue en kinders. Die VN het lande geloof wat vlugtelinge inneem terwyl die konflik voortwoed. Die meeste vlugtelinge het in buurlande gaan skuiling soek, soos Pole, Slowakye, Roemenië en Hongarye.