Namibiese sinode van NG Kerk gee redes vir wegbreek van algemene sinode

Die Namibiese sinode van die NG Kerk het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig hy gaan hom losmaak van die kerk se algemene sinode as dié nie binne die volgende ses maande onderneem om sekere van sy besluite te herroep nie. Die Namibiese sinode met 45 gemeentes, die enigste streeksinode buite die NG Kerk van Suid-Afrika, sê dis veral die algemene sinode se besluite oor selfdegeslag-verhoudings en die bestuur van teologiese opleiding aan universiteitsfakulteite wat die kerk toenemend vervreem. Die NG Kerk Namibië is van voornemens om sy band met die algemene sinode te verbreek as daar nie aan sy versoeke voldoen word nie. Ds. Thijs van der Merwe van die NG Kerk Namibië verduidelik…